• Overberg Agri (Edms) Bpk Overberg Agri met sy hoofkantoor op Caledon in die Overberg, is gefokus op twee aspekte wat van wesenlike belang is vir alle belanghebbendes naamlik: Volhoubaarheid en Welvaartskepping. Lees meer...
  • Graan Dienste Overberg Agri se produkte-afdeling behels hoofsaaklik die opberging en hantering van graan wat in toegeruste praktyk aangepaste silo's opgeberg en hanteer word.Lees meer...
  • Boltfast Hierdie bekende verspreider van industriële hegstukke, met takke in verskeie stede, is 'n filiaal van Overberg Agri.Lees meer...
  • Besproeiingsbeplanning & Dienste Ons bied professioneel voorbereide besproeiingsontwerpe en planne teen mededingende pryse. Lees meer...
  • Handelsafdeling Ons Handelsafdelings verskaf boerderybenodighede van hoë gehalte teen mededingende pryse deur 'n sterk fokus op die belangrikste boerderyinsette te plaas.Lees meer...
  • Promeal 'n Filiaal van Overberg Agri, Promeal vervaardig, bemark en versprei nat troeteldierkos na alle bekende handelaars in Suid Afrika. Lees meer...
  • Meganisasie Ons Meganisasie afdeling beskik oor die verskeie agentskappe soos Claas, Rovic & Leers en Vitamech, en bemark landboumasjinerie en onderdele.Lees meer...
  • Bredasdorp Slagpale Bredasdorp Slagpale bied slaggeriewe aan en die handelsmerk "Overberg Vleis" is reeds wyd bekend en vind toenemend byval vanweë die uitsonderlike kwaliteit van vleis vanuit die streek.Lees meer...
  • Versekeringsdienste Ons fokus hoofsaaklik op die versekering van boere, privaat individue,en ander besighede. Die afdeling beskik ook oor spesialis kennis in die versekering van wynkelders.Lees meer...
  • Bontebok Kalkwerke Bontebok Kalkwerke, met sy bekende handelsmerk P&B Kalk, vervaardig, bemark en versprei Landboukalk, Voerkalk, Afwitkalk, Boukalk, Watersuiweringskalk en Concrim nasionaal en internasionaal.Lees meer...

Overberg Agri is ‘n landbou maatskappy wat hoofsaaklik sy inkomste uit landbou genereer. As deel van ons diversifikasie strategie, het ons ook beleggings gemaak in die mynbou-, vleis-, troeteldierkos- en industriële hegstuk industrië.

ONS VISIE:

Om die besigheidsvennoot van keuse te wees

  • Ons is verbind daartoe om meer te doen as om net ‘n produk te verkoop of dienste te lewer.
  • Ons wil waarde toevoeg vir ons belanghebbendes op so ‘n wyse dat hulle voordeel trek uit die groei van die maatskappy.

Om te begryp hoe ons hierdie Visie vervul, moet ons weet wat ons primêre besigheidsfokus is. Dit word deur ons Missie omskryf.

ONS MISSIE:

Om volhoubare waarde vir ons belanghebbendes te skep

Om dit te bereik, het ons die volgende strategiese doelwitte vir onsself gestel :

  • Om waarde vir ons aandeelhouers te skep deur opbrengs op aandeelhouersbelang en winsgewendheid te verhoog,
  • Om waarde vir ons kliënte te skep deur gehalteprodukte en -dienste aan te bied en deur ‘n allesomvattende diensverskaffer te wees.
  • Om waarde vir ons werknemers te skep deur ‘n omgewing te skep waar hulle kan groei.
  • Om waarde vir ons gemeenskappe te skep deur terug te gee.

Visie Dokument Afrikaans - (PDF)

Kennisgewing - Loxtons Transaksie (PDF)

Kontak Besonderhede

Overberg Agri (Edms) Bpk, Donkinstraat 11, Posbus 50, Caledon, 7230
Tel 028-214 3800, Faks 028-212 1759, info@overbergagri.co.za