Omsigtigheidskennisgewing

In die lig van Overberg Agri se belang in Pioneer Foods, welke maatskappy se optrede tans deur die Mededingingsowerhede ondersoek word, word aandeelhouers van Overberg Agri hiermee geadviseer dat die ondersoeke ’n effek kan hê op die prys waarteen Overberg Agri aandele verhandel. Gevolglik word Overberg Agri aandeelhouers geadviseer om met omsigtigheid te handel in die koop of verkoop van Overberg Agri aandele totdat ’n verdere aankondiging gemaak word. 
R Pheiffer
Besturende Direkteur
19 Maart 2010

AANDELE VERHANDELING

Overberg Agri as onderneming is 'n ongenoteerde maatskappy met 10 miljoen gemagtigde aandele waarvan tans 8.3 miljoen uitgereik is. Ongeveer 80% van die aandele word vandag gehou deur primêre landbouers. Die besit van aandele word beperk deur die statute, soos hier uiteen gesit.

Indien u belangstel op aandele te koop of verkoop, kan u die betrokke dokumentasie aanlyn aflaai, en dit volledig invul en stuur aan Christina Stewart by onderstaande kontakbesonderhede

Enige navrae i.v.m.die koop of verkoop van aandele moet asb gerig word aan ons aandeleklerk, Christina Stewart by:

christinas@overbergagri.co.za
Tel: 028-214 3857
Faks: 028-212 1109

Skriftelike aanbiedinge moet die aandeleklerk teen 16:00 op 'n Vrydagmiddag bereik vir hantering deur die aandeleverhandelingskomitee op die daaropvolgende Maandag.

 

Skriftelike aanbiedinge ontvang na hierdie periode sal ongelukkig oorstaan tot die volgende week.

Die volle koopsom, uitgesonderd oordragte onderling ooreengekom, moet binne 2 dae na goedkeuring deur die verhandelingskomitee betaal word. 

Indien die volle bedrag nie ontvang is nie, sal die aanbod verval en die betrokke aandele in die ope mark verkoop word.

Die Komitee handhaaf 'n beginsel van: Die hoogste prys word eerste aanvaar en die eerste verkopers kry voorkeur.