Aandeleprys Gemiddelde verhandelingsprys (3 mnde): R50
SkakelsAgri MegaBredasdorp LVOverberg Distriks LVSafex Markinligting
- enige aandeelhouer van die maatskappy soos op die effektiewe datum;
- 'n bona-fide boer;
- enige eienaar van landbougrond in die maatskappy se bedieningsgebied wat in die opinie van die direksie die potensiaal het om wesenlike besigheid met die maatskappy te doen;
- 'n personeellid of voormalige personeellid met betrekking tot die maatskappy;
- enige sodanige ander persoon of entiteit wat deur die direksie goedgekeur is.
Alle en enige oordragte van aandele moet deur die direkteure goedgekeur word en die direkteure kan sonder opgaaf van redes ter enige tyd weier om 'n oordrag van aandele in die aandeleregister van die maatskappy aan te teken.
Behoudens waar filiale ingevolge artikel 89 van die Wet aandele koop, mag geen persoon (insluitende persone verwys na in statuut 7.11),
hetsy direk of indirek en hetsy afsonderlik of in samewerking met enige ander persoon meer as 5% (vyf persent) van die maatskappy se uitgereikte aandelekapitaal bekom of hou of beheer nie (vir doeleindes hiervan word aandele gehou deur 'n verwant van 'n persoon geag deur daardie persoon gehou te word).
Personeel of afgetrede personeel van die maatskappy of 'n filiaal van die maatskappy wat slegs aandele hou uit hoofde van hul diensverhoudings met die maatskappy mag nie gesamentlik meer as 10% (tien persent) van die uitgereikte aandelekapitaal in die maatskappy besit nie.
Tot 'n maksimum van 10% (tien persent) van die maatskappy se uitgereikte aandelekapitaal of sodanige ander persentasie as wat deur BEE wetgewing voorgeskryf mag word met betrekking tot die maatskappy van tyd tot tyd, kan gehou word deur 'n BEE aandeelhouer of aandeelhouers soos bedoel deur die BEE wetgewing en soos deur die direksie goedgekeur mag word van tyd tot tyd.
AANLYN DIENSTE
Weervoorspelling
Lede Rekening Navrae
Direksie Kommunikasie Voorraad Navraag
Verhuring van Implemente
Gebruikte Implemente
Vervaardiging Gebruikte Voertuie