• Overberg Agri (Edms) Bpk Overberg Agri met sy hoofkantoor op Caledon in die Overberg, is gefokus op twee aspekte wat van wesenlike belang is vir alle belanghebbendes naamlik: Volhoubaarheid en Welvaartskepping. Lees meer...
  • Graan Dienste Overberg Agri se produkte-afdeling behels hoofsaaklik die opberging en hantering van graan wat in toegeruste praktyk aangepaste silo's opgeberg en hanteer word.Lees meer...
  • Boltfast Hierdie bekende verspreider van industriële hegstukke, met takke in verskeie stede, is 'n filiaal van Overberg Agri.Lees meer...
  • Besproeiingsbeplanning & Dienste Ons bied professioneel voorbereide besproeiingsontwerpe en planne teen mededingende pryse. Lees meer...
  • Handelsafdeling Ons Handelsafdelings verskaf boerderybenodighede van hoë gehalte teen mededingende pryse deur 'n sterk fokus op die belangrikste boerderyinsette te plaas.Lees meer...
  • Promeal 'n Filiaal van Overberg Agri, Promeal vervaardig, bemark en versprei nat troeteldierkos na alle bekende handelaars in Suid Afrika. Lees meer...
  • Meganisasie Ons Meganisasie afdeling beskik oor die verskeie agentskappe soos Claas, Rovic & Leers en Vitamech, en bemark landboumasjinerie en onderdele.Lees meer...
  • Bredasdorp Slagpale Bredasdorp Slagpale bied slaggeriewe aan en die handelsmerk "Overberg Vleis" is reeds wyd bekend en vind toenemend byval vanweë die uitsonderlike kwaliteit van vleis vanuit die streek.Lees meer...
  • Versekeringsdienste Ons fokus hoofsaaklik op die versekering van boere, privaat individue,en ander besighede. Die afdeling beskik ook oor spesialis kennis in die versekering van wynkelders.Lees meer...
  • Bontebok Kalkwerke Bontebok Kalkwerke, met sy bekende handelsmerk P&B Kalk, vervaardig, bemark en versprei Landboukalk, Voerkalk, Afwitkalk, Boukalk, Watersuiweringskalk en Concrim nasionaal en internasionaal.Lees meer...

Besproeiingsafdeling

Overberg Agri Besproeiing bied professioneel voorbereide besproeiingsontwerpe en planne wat in ooreenstemming is met SABI standaarde, sowel as die verskaffing van hoë gehalte besproeiingsmateriaal teen mededingende pryse.

Overberg Agri se besproeiingsontwerpers maak gebruik van Wcadi ontwerpprogram tesame met Model Maker vir ontwerpe en gedetaileerde installerings sketse.

Overberg Besproeiing bied die voglende dienste aan:

  • Toepaslike topografiese opmeting
  • Volledige besproeiingsontwerp en ontwerpsverslag
  • Pomphuis en filterstasie beplanning, ontwerp en tekeninge
  • Hoof pyplyn ontwerp
  • installerings planne en spesifikasies
Besproeiingsstelsels sluit in:

  • Mikro en drup besproeiingstelsels
  • Sprinkel besproeiings stelsels - Permanente en bewegende stelsels
  • Automatisering van alle tipe besproeiings stelsels
  • Valley spilpunte
  • Sentrifugale en boorgat pompe
  • Sonkrag pompe en stelsels
  • Turf besproeiings
    • Kommersiële eiendomme
    • Sportvelde
    • Huis tuine
  • Glashuis en Tonnel besproeiing
Ons spesialiseer ook in gruis- en rioolwater herwin stelsels