• Overberg Agri (Edms) Bpk Overberg Agri met sy hoofkantoor op Caledon in die Overberg, is gefokus op twee aspekte wat van wesenlike belang is vir alle belanghebbendes naamlik: Volhoubaarheid en Welvaartskepping. Lees meer...
  • Graan Dienste Overberg Agri se produkte-afdeling behels hoofsaaklik die opberging en hantering van graan wat in toegeruste praktyk aangepaste silo's opgeberg en hanteer word.Lees meer...
  • Boltfast Hierdie bekende verspreider van industriële hegstukke, met takke in verskeie stede, is 'n filiaal van Overberg Agri.Lees meer...
  • Besproeiingsbeplanning & Dienste Ons bied professioneel voorbereide besproeiingsontwerpe en planne teen mededingende pryse. Lees meer...
  • Handelsafdeling Ons Handelsafdelings verskaf boerderybenodighede van hoë gehalte teen mededingende pryse deur 'n sterk fokus op die belangrikste boerderyinsette te plaas.Lees meer...
  • Promeal 'n Filiaal van Overberg Agri, Promeal vervaardig, bemark en versprei nat troeteldierkos na alle bekende handelaars in Suid Afrika. Lees meer...
  • Meganisasie Ons Meganisasie afdeling beskik oor die verskeie agentskappe soos Claas, Rovic & Leers en Vitamech, en bemark landboumasjinerie en onderdele.Lees meer...
  • Bredasdorp Slagpale Bredasdorp Slagpale bied slaggeriewe aan en die handelsmerk "Overberg Vleis" is reeds wyd bekend en vind toenemend byval vanweë die uitsonderlike kwaliteit van vleis vanuit die streek.Lees meer...
  • Versekeringsdienste Ons fokus hoofsaaklik op die versekering van boere, privaat individue,en ander besighede. Die afdeling beskik ook oor spesialis kennis in die versekering van wynkelders.Lees meer...
  • Bontebok Kalkwerke Bontebok Kalkwerke, met sy bekende handelsmerk P&B Kalk, vervaardig, bemark en versprei Landboukalk, Voerkalk, Afwitkalk, Boukalk, Watersuiweringskalk en Concrim nasionaal en internasionaal.Lees meer...



Die Overberg Agri Groep is verbind tot gesonde besigheidsbeginsels en – praktyke wat deur eerlikheid en integriteit ondersteun word.  Hierdie benadering skep ʼn stabiele omgewing vir almal betrokke en beteken ook volgehoue sukses vir Overberg Agri.  Ten einde die maatskappy in staat te stel om bedrog, korrupsie, oneerlikheid en onetiese gedrag te openbaar, sonder om u identiteit bekend te maak, het Overberg Agri die dienste van ʼn onafhanklike verskaffer van ʼn anonieme fluitjieblaser (whisleblower) diens bekom.

Hoe werk die diens?
Enige een kan die goed toegeruste inbel sentrum van Tip-offs Anonymous™ kontak, 24 uur per dag, 365 dae per jaar. Opgeleide en ervare operateurs, sal u oproep beantwoord in enige van die volgende tale: Engels, Afrikaans, Zulu, Sotho of Xhosa.Die operateur sal vrae vra om feite te bekom sodat die omvang van die probleem verstaan word. Die inligting word dan geanaliseer en gestuur na die aangewese senior persone van Overberg Agri wat dan sal besluit hoe om op te tree.


Kontakbesonderhede:


FreeCall nommer:           

  • 0800 222 619 (Eksklusief vir Overberg Agri)


SMS fasiliteit:    

  • 32840 (SMS – “Tip-off, maatskappy name & die tyd wanneer u geskakel kan word” na 32840 en ʼn Deloitte agent sal u skakel. Standard SMS tariewe geld. Voorbeeld – (tip-off, maatskappy X, bel my na 6:00nm)


FreeCall faks:                   

  • 0800 00 77 88 (indien u ondersteunende dokumente wil faks)


Unieke epos:     

  • overbergagri@tip-offs.com (Moenie eposse van die werk se epos adres stuur nie aangesien u epos nagespeur kan word. Eposse sal vertroulik bly aangesien dit deur ʼn ‘server’ herlei word wat wat u naam en ander bron inligting verwyder)


FreePost adres:               

  • Tip-offs Anonymous®, FreePost KZN 138, Umhlanga Rocks, 4320