AGPACK

Agricultural Packaging (Agpack) is in 2003 tot stand gebring en in 2016 deur Overberg Agri oorgeneem. Agpack is ’n afdeling in Overberg Agri wat as goedgekeurde verskaffer van sitrus-, druiwe- en ander landbouverpakkingsoplossings vir Suid-Afrikaanse vrugteverbouers en -uitvoerders dien. Agpack bied ’n wye verskeidenheid verpakkingsoplossings van gehalte wat in die vereistes van die plaaslike sowel as die gesofistikeerde internasionale uitvoermark voorsien.

Sy uitgebreide produkreeks sluit ook film- en lamineeroplossings vir die hoëomsetgoedere- (“FMCG”-)mark in. Agpack het tans vier takke in die vernaamste vrugteverbouingstreke van Suid-Afrika, naamlik die Paarl, Hexvallei, Groblersdal en Kakamas.

HOOFBESTUURDER

Louis Beukes
louis@agpack.co.za
Tel: 021-872 8651
Faks: 021 872 8687
Sel: 082 802 8844