Die XERION skep ’n trekkerklas van sy eie met sy unieke ontwerpkenmerke. Met vier reuse, ewe groot bande en allewielaandrywing bied dié moderne standaardtrekker ’n wye verskeidenheid toepassings.

Hierdie 4x4-hoëperdekragtrekker is ’n werkesel soos min, en is ook nie bedoel om net sekere items te trek nie. Trouens, sy aanpasbaarheid en hanteerbaarheid beteken die masjien kan selfs die strafste uitdagings takel, en is geskik vir bykans enige toepassing. In die XERION 5000/4500/4000 smelt krag en intelligensie suksesvol saam.

 

Die voordele

  • Deurlopende reëlbare transmissie bo 500 pk
  • 50 km/h vir snelle oorgang tussen terreine
  • Vier ewe groot bande van tot 2,16 m in deursnee (710- + 900-reeks) vir volmaakte trekkrag
  • Ergonomiese bedryfskonsep met innoverende multifunksiebeheerhefboom
  • Volle leweringspotensiaal teen lae enjinspoed vir optimale brandstofverbruik

Klik hier vir die brosjure.

As alternatief, kontak Horton Griffiths by die volgende besonderhede:

E-pos: hortong@overbergagri.co.za
Tel: 
028 214 3821
Sel: 
082 388 0565