Die Atlantiese Hoogdruk rug suid om die land met reënerigheid oor die Tuinroete en Oos-Kaap. Die Transkei word ook reënerig terwyl dit mooiweer oor die res van die land bly of word. Daar behoort teen die middag egter 'n strook los donderwolke uit die Noordwes-Provinsie tot die noordooste van die Vrystaat te ontwikkel.
Aanvanklik nog bietjie reën teen die Ooskus maar dit sal tot KZN uitbrei en later oor die Laeveld instoot terwyl dit mooiweer oor die res van die land bly.
Mooiweer in die oggend maar lig en verspreide donderweer sal teen die noordgrens voorkom... van noord van Upington tot die Noordwes-Provinsie en noordelike deel van die Vrystaat.
'n Strook donderweer sal op hierdie stadium uit die Noordwes-Provinsie tot Gauteng, Noord Vrystaat, Mpumalanga en KZN en dalk Transkei ook uitsak. Die res van die land bly mooiweer.
20261104- 20261110
Donderweer sal van die 4de tot 6de lukraak en verspreid dwars oor die land voorkom... min of meer in die Noordwes tot KZN lyn. Na dit kom dit tot die 10de hoofsaaklik oor die wes en sentrale binneland in maar dit behoort nie vreeslik baie te reën nie... (Volgende Voorspelling :- Dinsdag 21h00) ... Vrae of kommentaar ... weather@twk.co.za