|
Die binnelandtrog lê steeds oor die westelike binneland terwyl dit op hierdie stadium verdiep. Donderweer sal dus meer gretig maar steeds 'n strook van Upington tot die Oos-Kaap ontwikkel. Die strook tussen die oostelike platorand en see kan ook donderweer verwag maar dit sal stelsels sonder drif wees. Verder ontwikkel 'n laagdruk teen die Suidkus en bring klammer weer oor die Overberg en Suid-Kaap.
|