Welkom by ons eerste episode van ‘Koffie Tyd’. Sluit by ons aan terwyl ons by Waterford-wynlandgoed in Stellenbosch gaan kuier. Ons kuier saam met Heinrich Muller; SABI-gesertifiseerde besproeiingsontwerper van Overberg Agri. In vandag se episode wys Heinrich vir ons ‘n onlangse besproeiingsontwerp wat hy en sy span vir Waterford Landgoed voltooi het. Ontspan, kry vir jou ‘n koffie en beskuitjie en kom kuier saam by ons eerste episode.